|

Gesteelde voertuig in Delmas teruggevind

AfriForum se Delmas Valke-buurtwag het op 27 September die Sundra Bulldogs-buurtwag gehelp om ’n gesteelde voertuig terug te vind.

Lede van die Sundra Bulldogs-buurtwag het die gesteelde voertuig in hul omgewing opgemerk en dit gerapporteer. Die verdagte wat die voertuig bestuur het, het egter onraad vermoed en begin wegjaag. Die voertuig het in die rigting van Delmas gevlug en later selfs op private landbougrond gery.

Lede van die onderskeie buurtwagte kon daarin slaag om die voertuig voor te keer en het ook die bestuurder, wat afkomstig is van Mosambiek, gearresteer.

“Hierdie sukses is ’n bewys daarvan dat samewerking tussen verskeie organisasies en buurtwagte noodsaaklik is om misdaad hok te slaan,” sê Carel Botha, leier van AfriForum se Delmas Valke-buurtwag.

Intussen is daar die afgelope maand sewentien verdagtes in meer as agt gerapporteerde misdade, waaronder huisbrake, kapings, diefstal en kabeldiefstal, in hegtenis geneem.

Inwoners word versoek om AfriForum se Delmas Valke-buurtwag te ondersteun: Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings