Groblersdal-landdroshof oorweeg nie die meriete van ’n saak nie.

AfriForum se Groblersdal-tak is ontevrede met die manier waarop die Groblersdal-landdroshof sake hanteer. Dit veroorsaak dat die gemeenskap sy vertroue in die howe verloor.

Probleem: By meer as een geleentheid het dit onder ons aandag gekom dat sekere mense en sake by dié Landdroshof bevoordeel word terwyl ander benadeel word, spesifiek wat borgaansoeke betref.

Oorsaak: Die landdros oorweeg nie die meriete van ’n saak nie.

Wat wil AfriForum bereik: AfriForum se Groblersdal-tak wil versoek dat daar ’n behoorlike ondersoek ingestel word deur die relevante liggaam rondom die ongeregtigheid van sake wat aangehoor word.

Hoe gaan AfriForum die probleem aanspreek? AfriForum se Groblersdal-tak kort jou stem om ons die mandaat te gee en druk uit te oefen sodat die nodige ondersoek kan plaasvind en ongeregtigheid ontbloot word. Voltooi die petisie en kontak ons met inligting waar die hof onregverdig teen jou opgetree het.

Oproep tot aksie: Groblersdal-landdroshof moet sy pligte nakom en regverdig en konsekwent binne die wet optree.

Vul die petisie in:

Soortgelyke plasings