|

#HardloopvirHoop is in Reitz

Dag twee van AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid se #HardloopvirHoop-projek het vanoggend om 05:00 by die Frankfort-gholfklub begin. Bennie Roux en ander atlete het vandag 68 km gehardloop en in Reitz geëindig, waar leerlinge van Hoërskool Reitz hul verwelkom het en saam vanaf Wolweplaas tot by die skool gehardloop het.

Dié atlete hardloop ten bate van AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid om geweldslagoffers – veral slagoffers van plaasaanvalle en ‑moorde – te ondersteun.

“Plaasaanvalle is ’n baie relevante kwessie in ons gemeenskap. Ons as skool kan daarvan getuig dat van ons leerlinge se ouers deur plaasaanvalle geraak word. Daarom ondersteun ons en ons gemeenskap AfriForum se #HardloopvirHoop-inisiatief en die werk wat hulle doen om meer mense bewus te maak van plaasaanvalle,” sê Uys le Roux, hoof van Hoërskool Reitz.

Besoek https://afriforum.co.za/hardloopvirhoop/?fbclid=IwAR1FLtZy4_aK6qYofc_6SyRl4Zh9B-SY-F9UYy0CIOQo_Qe_OVZX6CDzXm4 om ’n bydra tot die fonds te lewer.

Soortgelyke plasings