|

AfriForum se Pietersburg-tak plant bome vir boomplantmaand

AfriForum se Pietersburg-tak het onlangs hul deel vir boomplantmaand gedoen. Die tak het altesaam tien bome geskenk aan skole in die gemeenskap en aan die leerders oorhandig om te plant.

“Ons is hier om ’n verskil te maak,” sê Lylani Seitz, voorsitter van AfriForum se Pietersburg-tak.

Die doel van hierdie projek is om die omgewing vir toekomstige generasies te verbeter.

“Bome het egter deurlopende sorg nodig om te floreer en die tak onderneem om hierdie bome te versorg,” sê Magdel Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

Raak betrokke by AfriForum se Pietersburg-tak deur jou naam te SMS aan 45340 (R1).

Soortgelyke plasings