|

Hartbeespoort-tak verbeter strate

Die AfriForum-tak in Hartbeespoort het in samewerking met die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit die paaie van hierdie dorp verbeter deur slaggate op te vul en padtekens oor te verf. Tot dusver is daar 30 liter padverf  en 2,5 ton teer gebruik. Die areas waarop daar gefokus is, is Marais-, Tielman-, Schubart-, Ou wapad-, Malan-, Kuyper- en Monenestraat.

Daar is op hierdie fokusareas besluit om die veiligheid by die Laerskool Generaal Hendrik Schoeman (GHS) te verseker deur aan die padtekens en slaggate aandag te gee. Hierdie projek gaan minstens nog vier weke duur en nog ’n straat, Scottstraat, is reeds geïdentifiseer om opgegradeer te word.

“Dit is van uiterste belang dat ons na ons dorpe omsien en verseker dat hulle nie verder agteruitgaan nie. Die feit dat die Hartbeespoort-tak saam met die Madibeng-munisipaliteit werk om die dorp te verbeter, wys dat wanneer mense handevat soveel meer gedoen kan word. Ons spoor ander munisipaliteite aan om Madibeng se voorbeeld te volg,” sê Armand Viljoen, distrikskoördineerder vir Marico.

Om hierdie inisiatief te ondersteun, kontak Dennis Webster by 082 435 5636.

Soortgelyke plasings