|

Hartbeespoort-tak verf randstene vir #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Hartbeespoort het gedurende Julie die randstene rondom Laerskool Generaal Hendrik Schoeman en padmerkers by vyf kruisings geverf. Altesaam 10 liter swart padverf en 10 liter wit padverf is gebruik.

“Die padmerkers en randstene in Hartbeespoort het al met die jare begin onduidelik raak en AfriForum se Harties-tak het besluit om inisiatief te neem en dit self oor te verf. Die inwoners wat verbygery het, het die tak aangespoor,” sê Armand Viljoen, distrikskoördineerder vir Marico.

Die tak het ook met die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit vergader om die verf van die padmerkers te bespreek. AfriForum bedank dié munisipaliteit wat binne ’n week daarna begin het om die oorblywende padmerkers te verf. Daar is nog baie werk wat voorlê in Hartbeespoort en hierdie plaaslike AfriForum-tak sal aanhou hard werk om sulke projekte volhoubaar te dryf. AfriForum vra ook die gemeenskap om betrokke te raak, hetsy met donasies of handearbeid.

Word vandag nog deel van die oplossing en sluit aan by AfriForum se Hartbeespoort-tak: SMS “Hartbeespoort” na 45344 (R1) of skakel vir Dennis Webster op 082 435 5636.

Soortgelyke plasings