|

Heidelberg-Sentraal se strate weer spiekeries ná AfriForum ingryp

AfriForum se Heidelberg-tak, in samewerking met Heidelberg Hope, het ’n beduidende inisiatief onderneem om padinfrastruktuuruitdagings in Heidelberg die hoof te bied. Gedurende die afgelope drie weke in Heidelberg-Sentraal is 8 800 kg teer gebruik om slaggate te herstel en 620 liter padverf is gebruik om straatmerkers oor te verf.

“Padinstandhouding is van kardinale belang vir die veiligheid van die gemeenskap, asook vir besoekers aan die dorp. Dankie aan al die vrywilligers en ondersteuners wat tot hierdie projek bygedra het, wat die krag van gemeenskapsamewerking demonstreer om gedeelde uitdagings die hoof te bied. Ons moedig alle inwoners aan om aan te hou saamwerk om ons dorp te verbeter,” sê Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoödineerder vir die Wes-Rand.

Soortgelyke plasings