|

Helderbergkom-tak skenk appels vir kospakkies

AfriForum se Helderbergkom-tak het op 10 Junie appels geskenk wat gebruik sal word vir kospakkies wat eerskomende Vrydag tydens ’n sportdag aan kinders in Gustrouw uitgedeel gaan word. 

Hierdie sportdag word deur verskeie gemeenskapsorganisasies in die wyk gereël. AfriForum se Helderbergkom-takbestuur is aktief betrokke in hierdie area en daarom was dit ook vir hulle belangrik om ’n bydra te lewer vir die sportdag.

“Die Helderbergkom-tak is besig om te groei en wil al hoe meer betrokke raak by gemeenskapsprojekte. Ons is trots op ons lede en dankbaar vir hul bereidwilligheid om hulself beskikbaar te stel om hul gemeenskap te dien,” sê Jacques Benade, distrikskoördineerder vir die Boland.

Lede van die gemeenskap word aangemoedig om by gemeenskapsprojekte betrokke te raak.

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap en raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak by www.wordlid.co.za

Soortgelyke plasings