| |

Vryheid-tak installeer gevorderde kamerastelsel

Die AfriForum-tak in Vryheid het vyf gevorderde Sniper-kameras op strategiese plekke in hierdie KwaZulu-Natalse dorp opgerig. Dit vorm deel van die Vryheid-tak se strategie om van tegnologie gebruik te maak om misdaad in die gemeenskap te help bekamp.

“Ons het besluit om van die Sniper-kamerastelsel gebruik te maak, aangesien dit alreeds in groter dele van KwaZulu-Natal geïnstalleer is. Die stelsel het bewys dat dit met misdaadbekamping help en het al tot groot suksesse gelei,” sê André van der Walt, AfriForum se takvoorsitter in Vryheid.

“Verskeie takke regoor KwaZulu-Natal maak gebruik van hoofsaaklik twee gevorderde kamerastelsels om beheer te neem van die veiligheid in hul gebied en dra by om misdaad in die provinsie te help bekamp,” sê Eugene van Aswegen, distrikskoördineerder in KwaZulu-Natal.

Die sisteem maak gebruik van kameras wat nommerplate in ’n soekbare databasis kan lees en sal deur ’n plaaslike beheerkamer gemonitor word. Gemeenskappe bemagtig hulself hierdeur om misdaad op unieke maniere te moniteer.

“Ons hoop om volgende jaar die stelsel verder in ons gemeenskappe uit te brei,” sê Hein Schönborn, AfriForum se operasionele spanleier van die Vryheid-buurtwag.

AfriForum wil Pro5 Security en Mfezi Security bedank vir hul skenkings en bydrae om hierdie projek te loods.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak en hierdie stelsel verder uit te brei. Kontak Van der Walt by 083 387 4268.

Soortgelyke plasings