|

Lichtenburg-buurtwag stuit kabeldiewe in hul spore

Die AfriForum-buurtwag in Lichtenburg het op 26 Februarie in die vroeë oggendure ’n groep van ses kabeldiewe betrap terwyl hulle besig was om koperdrade af te sny by die Klipveld-transformator. Al die gesteelde koper is teruggevind maar die diewe het ongelukkig die toneel te voet gevlug.

Die buurtwag doen ’n beroep op gemeenskapslede om waaksaam te wees en dadelik verdagte persone by die SAPD of die plaaslike buurtwag te rapporteer.

Volgens Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico, sê dat die golf van koperdiefstal by transformators ’n groot bekommernis is vir die gemeenskap en elektrisiteitsvoorsieners. “Hierdie roekelose optrede bedreig die stabiliteit van ons elektriese netwerk en die veiligheid van ons gemeenskappe. Ons moet saam werk om hierdie misdadigers te stop.”

“Dit is baie belangrik dat die gemeenskap saamwerk om hierdie misdrywe die hoof te bied. Gemeenskapslede moet so gou moontlik plaaslike wetstoepassers skakel om misdadige aktiwiteite aan te meld. Saam kan ons ’n verskil maak en die integriteit van ons plaaslike elektrisiteitsnetwerke beskerm,” sê Carel Pauly, steunspanleier by AfriForum se Lichtenburg-buurtwag.

Kontak Marius Swanepoel, buurtwagleier, by 076 922 5512 om by die buurtwag betrokke te raak.

Soortgelyke plasings