|

Moreletapark-buurtwag verwyder boom wat pad versper

AfriForum se Moreletapark-buurtwag het op 14 Februarie hulp aan die brandweerdienste verleen om ’n groot boom in Sonjastraat te verwyder nadat dit omgeval het. Pretoria en omliggende gebiede ervaar die afgelope tyd bogemiddelde hoeveelheid reënval wat bogrond wegspoel en boomwortels ontbloot met die gevolg dat bome omval. Die boom het ’n gevaar vir motoriste ingehou aangesien dit die pad gedeeltelik versper het.

Met die hulp van die buurtwagspan kon die brandweer die boom verwyder en die verkeer kon weer vloei.

“Hierdie is net nog ’n voorbeeld van hoe lede van AfriForum en vrywilligers hul gemeenskappe ondersteun. Ons vrywilligers verseker ’n veiliger omgewing vir almal,” sê Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord.

Sluit met ’n maandelikse vrywillige bydrae aan: SMS “Moreletapark” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings