Johannesburgse burgemeester en Gerrie Nel gaan saamwerk om korrupsie te beveg


Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, en AfriForum se privaatvervolgingseenheid het gistermiddag vergader om korrupsiesake in Johannesburg te bespreek. Tydens dié vergadering het die eenheid ingestem om by korrupsiesake in te gryp wat klaarblyklik al jare lank sloer of waar persone eenvoudig nie vervolg word nie.

“Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) versuim sy plig indien korrupsiesake met voldoende meriete vir vervolging vir jare lank sloer en die persone nie vervolg word nie. Niemand behoort bo die reg geag te word nie en AfriForum is vasbeslote om toe te sien dat gelykheid voor die reg geskied. Die privaatvervolgingseenheid sal na enige saak kyk wat Mashaba en sy administrasie na ons verwys en indien ons bevind dat daar prima facie-bewyse is om suksesvol te vervolg, sal ons privaat vervolging instel,” sê adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Soortgelyke plasings