|

KAMERAPROJEK VAN AFRIFORUM SE WES-MOOT-TAK WERP VRUGTE AF

Die AfriForum-buurtwag in die Wes-Moot het die afgelope naweek ’n roofpoging afgeweer met behulp van die kameraprojek wat in Januarie in werking gestel is.

Die verneemde verdagtes het probeer om twee gemeenskapslede te beroof, maar die buurtwaglede het dit op die monitors waargeneem en hulp ontbied. Die verdagtes het te voet oor die berg in die rigting van Ninapark gevlug en die buurtwag het mediese hulp ontbied vir die slagoffers.

“Ons versoek asseblief dat mense die Suiderberg-reservoir en omliggende omgewing moet vermy. Misdadigers in hierdie omgewing skroom nie om gewelddadig teenoor gemeenskapslede op te tree nie. Verskeie rowe het oor die laaste twee weke daar plaasgevind. Ons wil ook graag Brinant Sekuriteit bedank vir hulle hulp en samewerking met hierdie projek,” sê Johan Liebenberg, leier van AfriForum se Wes-Moot-buurtwag.

“Die voordele van moniterings- of kameraprojekte soos hierdie dien as ’n bewys dat pro-aktiewe optrede tesame met volhoubare projekte wel ’n oplossing bied in die poging om misdaad te bekamp. Ons is dankbaar aan elke AfriForum-lid vir hulle bydraes om projekte soos hierdie moontlik te kan maak,” sê Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir Pretoria-Noord.

Sluit gerus aan met ’n vrywillige maandelikse bydrae deur op die gratis Telegram-boodskaptoepassing ’n kort verifikasie te doen by https://t.me/AfriForumBuurtBot, of SMS “Wes Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings