|

Chrissiesmeer-buurtwag ontvang toerusting om veiligheid op te skerp

Die nuwe AfriForum-buurtwag op Chrissiesmeer het op 5 Oktober toerusting ontvang om te help met die beveiliging van die dorp.

Die lede spog nou met nuwe AfriForum-glimbaadjies, pepersproei, opvoubare kegels en ’n nasionale tweerigtingradio wat die Chrissiesmeer-buurtwag met alle buurtwagte in die provinsie in verbinding plaas. Daar is altesaam 17 AfriForum-buurtwagte in Mpumalanga.

Hierdie toerusting vorm deel van die vele voordele wat AfriForum-buurtwaglede geniet, waaronder regsbystand tydens buurtwagverwante aksies en opleiding.

“Ons beplan nou om ons lede met behulp van opleiding voor te berei vir enige moontlike situasie,” sê Millicent van den Heever, leier van die Chrissiesmeer-buurtwag.

Sluit vandag aan by AfriForum se Chrissiesmeer-buurtwag: SMS “Chrissiesmeer” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings