Projek Nehemia word in Overstrand geïmplimenteer


AfriForum se Overstrand-tak het verlede week die implementering van die burgerregte organisasie se nuwe veiligheidstrategie teen geweldsmisdaad, Projek Nehemia, in die Overstrand, beplan.
Hierdie pro-aktiewe strategie het onder meer ten doel om vennootskappe met sleutelrolspelers te bou en gemeenskappe te bemagtig om misdaad doeltreffend te bekamp.
Die volgende sleutelrolspelers het die beplanningsvergadering bygewoon: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), privaat sekuriteitsmaatskappye, die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), AfriForum- en ander buurtwagte in die gemeenskap, asook Overstrand Munisipaliteit se beskermingsdienste, verkeersdienste, wetstoepassers, brandweer, rampbestuur en mediese dienste. AfriForum se tegnologiese vennote, StratTech en SACan, was ook teenwoordig.

“Dit is ongelooflik om al hierdie rolspelers wat almal die gemeenskaplike doel het om misdaad in die Overstrand-gebied te bekamp, byeen te bring,” sê Elmarie van Dalen, takvoorsitter van AfriForum se Overstrand-tak.
“Overstrand, gaan gebuk onder misdade soos huisbraak, dwelmhandel en perlemoensmokkelary. Projek Nehemia is die ideale strategie om hierdie aktiwiteite hok te slaan,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

SMS “Veiligheid na 45265 (R1) om by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke te raak.

Soortgelyke plasings