|

Lede van Centurion-buurtwag verleen hulp aan vrou

AfriForum se Centurion-buurtwaglede het op 9 Januarie ’n noodboodskap per Telegram van ’n vrou ontvang wat langs die N1-snelweg tussen die Bothalaan- en Rigel-afrit gestrand was. Die vrou moes noodgedwonge weens ’n pap band van die pad aftrek.

Die N1 is bekend vir voorvalle van misdaad daarom het die buurtwaglede dadelik gereageer. Hulle was binne oomblikke op die toneel om aan die vrou hulp te verleen terwyl reëlings getref is om haar voertuig veilig te verwyder.

“Dit is gebeurtenisse soos hierdie wat AfriForum se veiligheidsstrukture van kardinale belang maak. Dit is gemeenskapsleiers en vrywilligers wat hul eie tyd opoffer om ’n hand van hoop in tye van nood uit te reik,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se streekskoördineerder vir die Groter Pretoria-Suid.

Die gemeenskap word aangemoedig om by hulle plaaslike AfriForum-tak betrokke te raak deur ’n e-pos na centurion@afriforumtak.co.za te stuur.

Soortgelyke plasings