|

Kenner maak Oraniërs touwys met selfverdediging

AfriForum se Bo-Karoo-tak het op 26 Mei selfverdedigingsopleiding vir Oraniërs aangebied in samewerking met Leo Prinsloo.

Die opleiding het gefokus op verskillende tegnieke hoe ’n mens jouself kan verdedig indien jy nie gewapen is nie. Die opleiding het begin met teorie waar sekere scenarios bespreek is, asook regsaspekte.

Van studente, vroue tot meer gevorderde veiligheidsbeamptes van die dorp het die opleiding bygewoon.

AfriForum bied gereeld opleiding vir sy lede aan, terwyl veiligheidstrukture soos plaas- en buurtwagte help om die omgewing te beveilig en mense weerbaar te maak.

“Ons glo mense moet altyd paraat wees en weet hoe om hulself te verdedig in ’n gevaarlike situasie en ons moet help om hulle meer weerbaar te maak,” het Magdaleen Kleynhans, voorsitter van die Bo-Karoo-tak gesê.

Word deel van AfriForum se Bo-Karoo-tak: SMS jou naam na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings