|

Bethal-tak en Acsu Sekuriteit help Silwerjare Tehuis

Die AfriForum-tak in Bethal het hande gevat met Acsu Sekuriteit en die SAVF Silwerjare Tehuis gehelp met die aankoop en installasie van ’n nuwe kamerastelsel op 18 Mei.

Hierdie projek is geloods nadat die tehuis ’n versoek gerig het vir ’n kamerastelsel. Die stelsel gaan die bestuur met hul algemene dagtake help en ook om noodsituasies beter te hanteer.

Acsu Sekuriteit het die kamerastelsel teen geen koste geïnstalleer en die inwoners van die Silwerjare Tehuis met koeksisters bederf.

“Hierdie stelsel gaan almal in die tehuis se lewens verbeter en ons is dankbaar om te kan help,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Sluit vandag aan by AfriForum se Bethal-tak: SMS “Bethal” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings