| | |

Kerke in Mpumalanga ontsmet

AfriForum het die afgelope paar dae gehelp om kerke in Bethal, Leandra en Morgenzon te ontsmet ter voorbereiding van hul heropening. Dit volg ná die aankondiging dat kerkdienste volgens bepaalde regulasies op vlak 3 van die landwye COVID-19-inperking mag voortgaan.

Die regulasies dui onder meer aan dat slegs ’n bepaalde hoeveelheid kerkgangers tydens dienste toegelaat sal word en dat kerke ontsmet moet word alvorens dienste kan voortgaan.

“Kerke vorm ’n kerndeel van elke gemeenskap en sukkel om onder omstandighede kop bo water te hou terwyl hulle steeds mense in nood bystaan. AfriForum is dankbaar vir elke lid van die gemeenskap wat dié burgerregteorganisasie met die ontsmettingsproses bygestaan het,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Soortgelyke plasings