|

Lichtenburg-tak gaan voort om slaggate op te vul

AfriForum se Lichtenburg-tak het gedurende Oktober slaggate in hierdie dorp opgevul. Die areas waarop gefokus is, sluit Kerk-, Greef-, Buchanan- en Kerkpleinstraat in. Daar is ’n totaal van 322 vierkante meter se gate met 22,4 ton teer en 3 dromme Ss60 bitumen opgevul. 

Diep slaggate is met ’n mengsel van sement en gruis opgevul en 12 sakke sement is in totaal gebruik.

“AfriForum se Lichtenburg-tak is nou al ongeveer 18 maande met hierdie slaggat-projekte besig en daar is al 180 ton teer daarvoor gebruik. Indien ons nie die slaggate self opvul nie, sal ons paaie net verder agteruitgaan,” sê Pine Pienaar, die plaaslikeregeringsbeampte vir die tak.

“Ons wil graag vir NWK Lichtenburg bedank wat so groot bydrae gelewer het met teer om die slaggate op te vul. Met al hierdie skenkings kon Pienaar volstoom met hierdie volhoubare slaggat-projek in Lichtenburg voortgaan en ’n daadwerklike verskil maak,” sê Armand Viljoen, distrikskoördineerder vir Marico.

Ondernemings word uitgedaag om betrokke te raak en teer te skenk om voor hulle onderskeie ondernemings slaggate op te vul. 

Inwoners wie se strate slaggate het, is ook welkom om fondse vir die teer onder mekaar in te samel dan sal AfriForum se Lichtenburg-tak dit gratis kom opvul. Vir meer inligting kontak Pienaar by 0823715312.

Dié tak bedank graag NWK Lichtenburg vir hulle skenking van 22,4 ton teer en 3 dromme Ss60 bitumen en Gideon du Preez van Lichcrete vir die vervoer van die teer.

Word vandag nog deel van AfriForum se Lichtenburg-tak: SMS “Lichtenburg” na 45344 (R1), of skakel vir Steyn Kearney by 082 803 3628.

Soortgelyke plasings