|

Thabazimbi-tak plant bome vir die toekoms

AfriForum se Thabazimbi-tak het op 1 en 2 November ’n groot verskil in hulle onmiddellike omgewing gemaak.  Dié tak en Hoërskool Frikkie Meyer het saamgespan en tien gate op die skoolterrein gegrawe om bome te plant.

Daar is vrugtebome, agt verskillende sitrusbome en twee lietsjiebome geplant wat die tak geskenk het. Die bome word in die skool se sorg gelaat om hoop en ’n tasbare verskil in die Thabazimbi-omgewing te maak. Nie net leer die leerders van die natuur nie maar, ook om vir die toekoms te beplan. 

Die projek is geloods en suksesvol toegepas om aan die gemeenskap op ’n volhoubare wyse vrugte te verskaf. Die vrugte wat hierdie bome lewer word geoes en in die plaaslike gemeenskap se voedingskema teruggeplaas sodat almal toegang tot gesonde kos het.

“Die opwinding en vreugde was tasbaar op die skoolterrein. ’n Mens weet sommer al klaar dat die vrugte ’n groot en langwerkende positiewe effek op Thabazimbi se mense gaan hê,” sê Cee-J van der Walt, distrikskoördineerder vir die Soutpansberg.

Soortgelyke plasings