|

Lydenburg-buurtwag bied vuurwapenopleiding aan

AfriForum se Lydenburg-buurtwag het die afgelope naweek vlak 2-vuurwapenopleiding aan agt buurtwaglede aangebied. Dié opleiding het op praktiese aspekte gefokus sowel as gevorderde skietoefeninge en vuurwapenhantering.

Dit volg nadat al hoe meer vuurwapens in die hande van misdadigers beland en buurtwaglede moet weet hoe om in so ’n situasie op te tree. Die doel van hierdie opleiding was om die bevoegdheid van die buurtwag se patrolleerders te verbeter. Dit stel die buurtwaglede in staat om volgens die wet op te tree wanneer hulle hul gemeenskappe veilig hou.

“Dit is vir ons lekker om ook op hierdie manier ons buurtwaglede se vaardighede te verbeter om sodoende te verseker dat hulle hulle gemeenskappe en hulself doeltreffend kan beskerm,” sê  Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

AfriForum se Lydenburg-buurtwag moedig lede van die publiek aan om deel te word van die buurtwag en hul gemeenskap te beskerm.

Soortgelyke plasings