|

Lydenburg-tak rol spreekwoordelike klippe uit gemeenskap se pad

Die afgelope maand het AfriForum se Lydenburg-tak hulle hande vol gehad met die verwoestende gevolge van die onlangse hoe reënval. Dié buurtwag en lede van die gemeenskap het ingespring en verskeie paaie wat versper was deur bome wat ontwortel is weer toeganklik gemaak.

Tydens dié opruimingsaksies het die buurtwag kettingsae, ligte en kegels ingespan wat die taak aansienlik vergemaklik het. Deur goeie samewerking met die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is verkeersbeheer toegepas om sodoende verskeie brandpunte in die dorp op te ruim.

“Hierdie is ’n bewys dat buurtwagte toerusting byderhand moet hê vir byna enige situasie aangesien bome wat omval ’n groot risiko vir padgebruikers en inwoners inhou,” sê Hugo Fourie, Lydenburg-buurtwaglid.

“Dit is vir ons lekker om die gemeenskap ook op hierdie manier te ondersteun deur gevaarlike situasies vir padgebruikers te verminder, dit is ’n bewys dat AfriForum se buurtwagte regstaan om hulle gemeenskappe te dien in byna enige noodsituasie,” sê  Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

AfriForum se Lydenburg-tak nooi die publiek uit om deel te word van dié tak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS die woord “Lydenburg” na 45340 (R1) om aan te sluit.

Soortgelyke plasings