| |

Christiana-tak ondersteun gemeenskap tydens verwoestende vloede

AfriForum se Christiana-tak en -buurtwag het gedurende die vloed wat die dorp in Februarie getref het die gemeenskap ondersteun deur mense wat vasgekeer was te ontruim en patrollies te verhoog om steeds misdaad te bekamp. Verskeie borde is ook opgerig om aan te dui dat die pad ontoeganklik vir motoriste is.

Die tak het skenkings vanuit die gemeenskap self ontvang om mense wat deur die vloede geraak is te help. 

“Ons wil graag elke lid van die gemeenskap bedank wat hulp in hierdie tyd verleen het. Dit maak die gemeenskap sterker as ons almal hande vat en saamwerk,” sê Bianca van der Westhuizen, AfriForum se voorsitter van die Christiana-tak.

“AfriForum sal aanhou om gemeenskappe te ondersteun en alles in ons vermoë doen om ’n veiliger en skoner omgewing vir almal te skep. Dié vloede raak die hele gemeenskap, daarom is dit belangrik dat almal betrokke raak en help,” sê Jp Nel, distrikskoördineerder vir Stellaland.

AfriForum se Christiana-tak beplan verskeie projekte vir die jaar en wil graag die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak. 

Raak vandag nog by AfriForum se takke betrokke, en maak ’n verskil: SMS “Jou dorp se naam” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings