|

Midvaal-tak plant vrugtebome by Lerato-kinderhuis

AfriForum se Midvaal-tak het Saterdag as deel van Solidariteit Helpende Hand se Meyerton-tak se familiedag wat by Lerato-kinderhuis in Meyerton gehou is, vyf vrugtebome geskenk en geplant.

Die Midvaal-tak het tydens dié familiedag ’n stalletjie gehad en besef dat daar nie baie koeltebome is nie. Daarom is daar besluit om vrugtebome te plant wat ’n dubbeldoel kan dien. Hierdie vye- en perskebome sal in die toekoms nie net koelte nie, maar ook vrugte en skuiling vir mens en dier bied.

Dié tak het altesaam 50 vrugtebome vir lede van AfriForum se Midvaal-tak beskikbaar gestel – dit kan gratis by die takkantoor afgehaal word. Vir verdere reëlings oor die afhaal van die bome, stuur ’n WhatsApp-boodskap aan 072 771 9081.

As jy deel van AfriForum se Midvaal-tak wil word, kan jy ook ’n WhatsApp-boodskap aan dieselfde nommer stuur.

“Dit is belangrik om in die gemeenskap terug te ploeg, daarom moedig ons die gemeenskap aan om by AfriForum se Midvaal-tak betrokke te raak,” sê Pieter Swart, voorsitter van AfriForum se Midvaal-tak.

Soortgelyke plasings