|

Walker Drive-buurtwag hou bewusmakingsdag oor gemeenskapsveiligheid

AfriForum se Walker Drive-buurtwag, wat deel vorm van dié organisasie se Port Elizabeth-tak, het Saterdag in samewerking met die SAPD Kabega Park, Fidelity ADT, Atlas Security, CityWide Security, Extreme Security, Bestmed en Relay-nooddienste ’n bewusmakingsdag oor gemeenskapsveiligheid gehou. Die doel van hierdie inisiatief is om die gemeenskap die geleentheid te gee om by die buurtwag betrokke te raak en die belangrikheid in te sien om ’n vennootskap met die SAPD en ander veiligheidsinstansies te bou.

“Dit belangrik om die krag van wetstoepassing in ons woonbuurte in samewerking met ander veiligheidsrolspelers ten toon te stel om misdaad te bekamp en verhoudings met belanghebbendes in ons gemeenskappe te verbeter,” sê Hannes Oosthuizen, leier van die Walker Drive-buurtwag.

Die Walker Drive-buurtwag sal voortgaan om die vennootskap met die  gemeenskap en ander rolspelers te bou en te verbeter. Misdaad raak almal, doen jou deel om misdaad te bekamp, sê Oosthuizen.

Raak vandag by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings