| |

Moreletapark-tak gebruik KI om misdaad uit gemeenskap dryf

AfriForum se Moreletapark-tak het vandeesmaand besluit om misdaad in die gebied daadwerklik te takel deur drie kameras op te rig wat van kunsmatige intelligensie (KI) gebruikmaak om nommerplate te ontleed. Dié kameras help om booswigte in die gebied op te spoor en te volg. Forum Sekuriteit monitor dag en nag dié kameras en waarsku die Moreletapark-buurtwag van enige verdagte bewegings in die omgewing.

Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Pretoria-Noord, sê daar was onlangs ernstige misdade in Moreletapark gepleeg. ’n Vrou het onlangs (19 April) twee skietwonde opgedoen terwyl sy buite haar huis op ’n kosaflewering gewag het. Die Moreletapark-buurtwag het in samewerking met ander veiligheidsmaatskappye twee van die verdagtes vasgetrek.

“Die Moreletapark-tak is vol vertroue dat die kameras gaan help om misdaad in die gebied onder beheer te bring,” sê hy. “Ek wil die gemeenskap uitnooi om betrokke te raak by AfriForum se Moreletapark-tak en sy buurtwag. Hierdie projek is uiters belangrik vir ons gemeenskap en dit is net een van vele maniere waarop AfriForum poog om misdaad hok te slaan en gemeenskappe meer weerbaar te maak.”

Raak vandag nog by AfriForum se Moreletapark-tak betrokke. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings