Munisipale verval in Lichtenburg

AfriForum se Lichtenburg-tak het ’n aksieplan van die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit versoek met betrekking tot die verbetering van dié dorp se paaie. Die tak wil dus ’n pleidooi aan die publiek lewer om hulle te ondersteun deur ’n petisie te onderteken en sodoende bogenoemde versoek te steun en die munisipaliteit tot aksie te dwing.

Lichtenburg se paaie is tans in ’n haglike toestand en daarom het die tak vanjaar ’n padherstelprojek van stapel gestuur. Goeie vordering is reeds gemaak nadat 70 ton teer gebruik is om 550 m² te herstel; selfs die munisipaliteit het hierby ingekoop en aan die projek deelgeneem. AfriForum is dus van mening dat die munisipaliteit wel oor die vermoë beskik om die paaie te herstel en in stand te hou en rig daarom ’n versoek aan die munisipaliteit om verantwoording daarvoor te neem.

AfriForum is hoopvol dat die padinfrastruktuur in Lichtenburg danksy volgehoue druk en met die hulp van die gemeenskap tog sal verbeter. Help ons asseblief deur die petisie te onderteken, waarna die takbestuur die petisielys aan die munisipale bestuurder sal oorhandig om verdere druk toe te pas.

Soortgelyke plasings