| |

AFRIFORUM SE SPRINGS-BUURTWAG MAAK HARTE OOP IN KOUE WEER

AfriForum se Springs-buurtwag het op Saterdag 24 Julie 2021 behoorlik hul harte oopgemaak in die koue weer. Na afloop van die buurtwag se sigbaarheid- en misdaadvoorkomingspatrollie het die buurtwaglede op eie inisiatief 25 komberse aan mense op straat uitgedeel vir beskerming teen die snerpende koue.

“Nie net beveilig hierdie individue hul gemeenskap nie maar maak ook hul harte oop wanneer die nood druk. Hierdie is bewyse dat daar op elke aspek gefokus word wanneer jy by ’n georganiseerde struktuur soos AfriForum betrokke raak,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

AfriForum se Springs-tak sal voortgaan om die gemeenskap te dien op enige manier moontlik met patrollies en liefdadigheidswerk.

Raak vandag by die plaaslike AfriForum-tak betrokke deur ’n e-pos te stuur na springs@afriforumtak.co.za.

Soortgelyke plasings