Munisipaliteit se agterstallige skuld moet bekend gemaak word – AfriForum


AfriForum se Westonaria-tak het ’n aansoek in terme van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (wetno. 2 van 2000) (PAIA) gebring om vas te stel wat die Wesrand Distriksmunisipaliteit se agterstallige skuld aan Rand Water is. Dít om te bepaal waarom watertoevoer in Venterspos vir meer as twee maande aanhoudend onderbreek word.
Dit volg nadat die plaaslike tak op 11 Junie 2017 ’n aanmaning in hierdie verband aan die Wesrand Distriksmunisipaliteit gestuur het.

“Toegang tot water is ’n grondwetlike reg en AfriForum sal alle pogings aanwend om die rede vir hierdie wateronderbrekings vas te stel,” sê Esther Swart, die plaaslike­regeringsakebestuurslid van AfriForum se Westonaria-tak.

Gee AfriForum se Westonaria-tak die mandaat om die munisipaliteit aan te vat. SMS “Westonaria” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings