’n Tweerigtingradio is ’n beter opsie in ’n noodsituasie

In ’n noodsituasie is dit feitlik onmoontlik om met ’n selfoon te werk en is ’n tweerigtingradio ’n beter opsie.

Die AfriForum-tak en -buurtwag in Stilfontein het ’n radionetwerk en het dus ’n baie goeie kommunikasienetwerk ingeval van nood.

Jy kan deel word van hierdie netwerk.

Indien jy ’n AfriForum-lid is, mag jy jou eie radio aankoop, ’n wagwoord kry en inlees, en sodoende kan jy toegang kry tot ’n noodkanaal op die radionetwerk om te gebruik in ’n noodgeval. Die kanaal is gratis en slegs vir AfriForum-lede.

Indien jy ’n lid van die AfriForum-buurtwag word, kry jy toegang tot die patrolliekanaal ook.

Voltooi die vorm en die AfriForum-tak sal jou kontak.

Soortgelyke plasings