|

Nóg koue nóg donkerte kan Benoni-tak keer om slaggate te herstel

Bykans niks kan AfriForum se Benoni-tak keer om slaggate in die gebied te herstel nie – nie eens wanneer die son ondergaan en die koue toesak nie. Die tak het verlede week ysige temperature aangedurf om in die aand enorme slaggate in die omgewing op te vul. Die span het altesaam 1,25 ton teer gebruik om 16 groot slaggate in Hartshorne-, Reid-, Honiball- en Clarkestraat te herstel.

“Ons weet dat goed onderhoude paaie noodsaaklik is vir die veiligheid van die gemeenskap, daarom het dié tak die koue getrotseer en gesorg dat hierdie slaggate gevul word,” sê Jurie Ferreira, AfriForum se distrikskoördineerder van die Oos-Rand. “Hierdie is nog ’n voorbeeld van wat gedoen kan word wanneer gemeenskappe saamwerk om ’n verskil te maak.”

Ferreira sê dit is slegs deur die ondersteuning en aktiewe deelname van AfriForum se lede dat hierdie tak in staat is om so betekenisvolle bydraes tot die gebied te maak. “Ons moedig die gemeenskap aan om deel te word van AfriForum se Benoni-tak en saam te werk om nog meer projekte soos hierdie moontlik te maak. Ons sal aanhou om ons gemeenskappe te dien en die nodige projekte van stapel te stuur om ’n beter toekoms vir almal te verseker,” voeg Ferreira by.

Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting oor hoe om by die Benoni-tak se projekte betrokke te raak of kontak die tak direk op 084 976 1234.

Soortgelyke plasings