| |

AfriForum oudit vullisterreine in Limpopo

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanjaar 161 vullisterreine landwyd geoudit as deel van hul nasionale projek om die toestand van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal.

Slegs twee uit die 14 vullisterreine wat in Limpopo geoudit is, het aan die nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59 van 2008, moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen.

Só vergelyk die vullisterreine in Limpopo:

Volgens Cee-J van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Soutpansberg, is die meeste vullisterreine in Limpopo in ’n haglike toestand. “Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan swak bestuur.”

“Die algemeenste probleme wat die AfriForum-takke in Limpopo tydens hierdie oudit opgemerk het, is dat daar geen instandhouding is nie en dat daar ook geen grondverskuiwingsmasjiene is om die vullis netjies toe te stoot nie. Verder is daar geen toegangsbeheer nie, dus word daar nie gemoniteer watter soort vullis inkom nie. Dit is ’n groot bron van kommer aangesien die munisipale amptenare van Limpopo nie tot verantwoording geroep word nie. Munisipale verval is aan die orde van die dag en dit is duidelik dat veral kleiner munisipaliteite onder grootskaalse wanbestuur gebuk gaan,” sluit Van der Walt af.

Hierdie situasie kan daaraan toegeskryf word dat die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DBVO) deur drie verskillende regeringsfere beheer word. Die nasionale departement het slegs bevoegdheid om op nasionale vlak wette, beleide, norme en standaarde vas te stel, maar hulle het geen bevoegdheid op provinsiale of munisipale vlak nie. Die provinsie rapporteer aan die provinsiale LUR, nie aan die minister nie. Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (CoGTA) en die DBVO kommunikeer nie met mekaar nie, en dit lei weer tot verdere uitdagings.

Klik hier en lees die volledige ouditverslag.

Soortgelyke plasings