|

Noord van die berg-buurtspan begin die jaar op ’n hoë noot

AfriForum se Noord van die berg-buurtspan het vroeg in Januarie reeds moue opgerol en aan die werk gespring in Pretoria-Noord.

Tydens die buurtspan se aksies in Januarie het hulle 1 603 swartsakke vol vullis verwyder, 42 vragte rommel weggery, agt hektaar gras gesny, 530 km afgelê om hierdie take te verrig, 30 slaggate gevul, 10 km se paaie skoongevee en 130 publieke asblikke skoongemaak.

Hierdie buurtspan maak maandeliks verskeie areas in Pretoria-Noord skoon as deel van hulle volhoubare-aksies. Hierdie areas sluit onder meer in Delia-, André- en Francoisstraat, die hoek van Azalea- en Bokmakieriestraat, verskeie parke soos Suur Klapper-park en ook Monumentpoort, die Pretoria-Noord stadsaal en die Heldeakker-begraafplaas.

“Ons buurtspanne se hande staan vir niks verkeerd nie. Hulle is slaggereed en altyd bereid om ’n verskil te maak daar waar die munisipaliteit misluk het. Die buurtspanne sal aanhou om hoop te skep met hul volhoubare projekte,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Raak vandag nog by AfriForum se Noord van die berg tak betrokke: www.wordlid.co.za

Soortgelyke plasings