|

Noord van die berg-buurtwag lê 840 km af om Pretoria-Noord netjies te hou

AfriForum se Noord van die berg-buurtspan het tydens April voortgegaan met hulle volhoubare skoonmaakaksies in Pretoria-Noord.

Die buurtspan het 1 958 swartsakke vol vullis opgetel, 77 vragte rommel en vullis weggery en 840 km deur die loop van die maand afgelê om dít reg te kry.

Hierdie buurtspan maak maandeliks verskeie areas in Pretoria-Noord skoon as deel van hulle volhoubare-aksies. Hierdie areas sluit onder meer in Delia-, André- en Francoisstraat, die hoek van Azalea- en Bokmakieriestraat, verskeie parke soos Suur Klapper-park en ook Monumentpoort, die Pretoria-Noord stadsaal en die Heldeakker-begraafplaas.

“Ons buurtspanne is altyd gereed om ’n verskil te maak en om hul omgewing netjies te maak. AfriForum se takke en buurtspanne sal aanhou om met aksies, soos hierdie, verval teen te staan en hoop te skep,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Raak vandag nog by AfriForum se Noord van die berg-tak betrokke: www.wordlid.co.za

Soortgelyke plasings