|

Frankfort-tak herstel slaggate as deel van #MyWoonbuurt-kompetisie

Die AfriForum-tak in Frankfort is tans besig met ’n slaggatprojek as deel van die #MyWoonbuurt-kompetisie wat in Maart geloods is om gemeenskappe te help hul woonbuurte opknap. Die meeste gemeenskapslede het gestem dat die slaggate in die alombekende Beckwithstraat opgevul word, daarom het die plaaslike AfriForum-tak besluit om in te gryp. Gedurende die opknapping van hierdie straat het die tak 500 sakke teer, gebruik om die slaggate op te vul en die pad te herstel. Dié sakke teer het altesaam meer as 12 ton geweeg het.

“Die #MyWoonbuurt-kompetisie is geloods met die doel om gemeenskappe te help om hul woonbuurte op te knap,” sê Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

AfriForum beplan om die #MyWoonbuurt-kompetisie weer later hierdie jaar te hou. “Ons wil graag aksies dryf wat ’n daadwerklike verskil in ons woonbuurte maak. Ons vra daarom dat inwoners ons in hierdie projek ondersteun en sal deelneem deur vir die probleem te stem wat hulle graag in hul woonbuurte wil oplos,” sluit Morgan af.

Die gemeenskap sal op Facebook en WhatsApp-groepe ingelig word wanneer die kompetisie weer plaasvind.

Raak betrokke by jou naaste AfriForum tak by www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings