|

Piet Retief-buurtwag hou sigbaarheidspatrollie om misdadigheid te ontmoedig

AfriForum se Piet Retief-buurtwag het op Vrydag 17 Mei 2024 nóg ’n maandelikse sigbaarheidsoperasie voltooi. Hierdie sigbaarheidsoperasies help om misdadigers weg te dryf aangesien veiligheidstrukture meer sigbaar is en dit help ook om die buurtwaglede beter te organiseer ten einde te verseker dat hulle soos ’n eenheid funksioneer. Dit help ook dat die gemeenskap dan makliker met die buurtwagte kan skakel en die buurtwaglede kan leer ken.

Agtien buurtwaglede was aan diens gewees tydens hierdie operasie. Dié lede het statiese patrollies uitgevoer en ook stop-en-soek-operasies saam met die plaaslike SAPD uitgevoer. Talle lede het ook voetpatrollies uitgevoer en deur vleie patrolleer waar sluipslapers woon en wat ook kan dien as wegkruipplek vir kwaaddoeners. Geen ernstige gevalle of klagtes is tydens hierdie sigbaarheidspatrollie aangemeld nie.

“Dit is noodsaaklik dat ons hierdie tipe sigbaarheidsaksies in ons dorpe dryf sodat ons proaktief kan optree in noodgevalle en ook kan bydra daartoe om kwaaddoeners te ontmoedig om misdade te pleeg,” sê Jan Botha, voorsitter van AfriForum se Piet Retief-tak.

Word vandag nog deel van die veiligheidstrukture in jou dorp by www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings