Plaaswag spoor voertuig op wat tydens plaasaanval gesteel is

AfriForum se Cairn Burnside-plaaswag het vandag ’n voertuig wat tydens ’n plaasaanval in die Kaapschehoop-omgewing tussen Nelspruit en Barberton gesteel is, opgespoor.

Een van die plaaswaglede het die voertuig in Vintonia in Nelspruit opgemerk en aangemeld. Kort daarna het ACS Security, die polisie asook een van die boere wat naby die aanvalstoneel woon, gearriveer.

Die plaaswaglid het seker gemaak dat niemand naby die voertuig kom totdat die polisie opgedaag het nie. Die voertuig se brandstoftenkkappie en die venster aan die bestuurderskant was oop.

Die voertuig sowel as ’n pistool, selfone en ’n wasmasjien is tydens die aanval gebuit.

“Ons hoop dat die opspoor van die voertuig ook tot die vinnige inhegtenisneming van die verdagtes sal lei,” sê Devon McCullough, voorsitter van die AfriForum-tak in Nelspruit.

Soortgelyke plasings