|

Potchefstroom-tak verwyder bome uit rivier as deel van #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het op 17 Oktober saam met Green Thorn Environmental Solutions gewerk om bome, wat obstruksies in die Mooirivier veroorsaak, te verwyder. Die grootste obstruksie was onder die N12-brug.

Obstruksies van dié aard belemmer die vloei van die rivier en kan lei tot oorstromings wanneer die reënseisoen in alle erns begin. Die tak het hierdie werk in oorleg met die J.B. Marks Plaaslike Munisipaliteit se parke-afdeling gedoen – hoewel personeel van dié munisipaliteit nie deel was van hierdie aksie nie. Die plaaslike brandweer het ook hul Unimoc-voertuig ingespan om die stompe uit die rivier te verwyder. 

“Die tak het belangrike werk hier verrig. Ek wil graag vir Piet Theron, omgewingsakebeampte van die Potchefstroom-tak, bedank vir hierdie inisiatief en ander soortgelyke aksies wat hy met ywer aanpak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Raak by Potchefstroom se tak betrokke en help om ’n verskil in jou dorp te maak. Kontak Douglas Bourn by 083 232 1020 om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings