Kuruman-tak maak begraafplaas skoon


Die AfriForum-tak in Kuruman het gedurende Oktober die begraafplaas in Seodin skoongemaak. Hierdie begraafplaas was al vir ’n geruime tyd lank in ’n haglike toestand.
Hendrien van Zyl, ’n AfriForum-buurtwaglid, het begin om die begraafplaas skoon te maak waarna die tak ’n skoonmaakaksie geloods het. Die begraafplaas sal na afloop van AfriForum se inisiatief weer skoon, veilig en toeganklik vir die gemeenskap wees.

“Gemeenskappe kan die toekoms in hul eie hande neem deur selfdoenaksies. Inisiatiewe soos dié skep hoop en is ’n voorbeeld van hoe selfstandigheid deur gemeenskapslede bewerkstellig kan word,” sê Gonda Louw, AfriForum se streekskoördineerder vir die Noord-Kaap.

Raak deel van AfriForum se Kuruman-tak: SMS “Kuruman” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings