|

Rustenburg-tak se skoonmaakaksies ken geen perke nie

AfriForum se Rustenburg-tak het in September ’n totaal van 5,1 hektaar gras gesny. Die fokusareas was by Wildevy-sentrum, op die hoek van Thabo Mbeki- en Bovenstraat, en Dawesstraat en Beyers Naudé-rylaan. In totaal is daar agt vragte tuinvullis weggery. Die areas was probleemareas aangesien dit in die dorp self was, en dit maklik vir misdadigers was om in die velde skuilplek te vind.

“Die instandhouding van ons dorpe is uiters belangrik. AfriForum sal nie terugstaan en kyk hoe ons veiligheid en dorpe agteruitgaan nie. Jan Erasmus en sy span sny drie keer per week gras omdat die munisipaliteit nie die kapasiteit het om dit te doen nie. Die sny van die gras bied nie net ’n skoner area nie, maar ook ’n veiliger een,” sê  Armand Viljoen, distrikskoördineerder vir Marico.

Dié tak beoog om hierdie projek aan te hou bestuur en vra die gemeenskap om betrokke te raak.

Word vandag deel van die oplossing en sluit by AfriForum se Rustenburg-tak aan deur “Rustenburg” te SMS na 45344 (R1), of skakel vir Dawie Conradie by 082 930 9905.

Soortgelyke plasings