Sê nee vir hidrobreking!

Hidrobreking verwys na die proses waardeur rotse met ’n hoëdrukvloeistof gebreek word om natuurlike gas vanuit die diep skalierotslae in die aarde se kors vry te laat.

Miljoene liter water word benodig om slegs een gat te vorm, en duisende gate kan geboor en ondersoek word – met ramspoedige gevolge vir die omgewing. Dit is veral kommerwekkend as Suid-Afrika se watertekort in ag geneem word.

Hidrobreking word in die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Karoo oorweeg.

Gevare van hidrobreking sluit in:

  • dit bedreig die omgewing en het nadelige gesondheidsgevolge;
  • dit vernietig natuurlike hulpbronne onherstelbaar;
  • dit lei tot die uitsterwing van ekostelsels;
  • dit bedreig eiendomswaarde;
  • dit beskadig infrastruktuur;
  • dit besoedel skaars waterhulpbronne en grondwater in die karoo;
  • dit veroorsaak erge lugbesoedeling;
  • dit is ’n gevaar vir mense- en dierelewens;
  • dit dra tot aardverwarming by;
  • dit beïnvloed astronomie;
  • dit laat permanente letsels op die Suid-Afrikaanse landskap en ons kultuurerfenis; en
  • dit bedreig ons grondwetlike regte.

Daar bestaan ander volhoubare energieoplossings wat tot die mens en natuur se voordeel verbruik kan word. Om dié rede loods AfriForum ’n petisie teen die gevaarlike en ekonomies onsekere tegnologie.

AfriForum, die TKAG en ander NRO’s teken appèl aan teen die regering se besluit om aan internasionale olie-en-gasmaatskappye omgewingsmagtiging te gee.  Dit beteken dat die eerste fase na werklike hidrobreking in Suid-Afrika afgehandel sal word as jy nie appèl teen die irrasionele besluit aanteken nie.

Jy kan help. Voeg jou naam tot die hofsaak en help AfriForumom die Karoo te red.

Soortgelyke plasings