| |

Secunda-tak bied inligtingsessie vir gemeenskap aan

Die AfriForum-tak in Secunda het op 12 Februarie opleiding aangebied oor algehele wetsaspekte wat met veiligheid verband hou. Marnus Kamfer, regs-en-risiko bestuurder by AfriForum, het dié sessie aangebied.

Hierdie sessie het inligting gebied oor hoe om in verskeie situasies rakende veiligheid op te tree by die huis sowel as wanneer dag tot dag take in die dorp verrig word. Hierdie inligting vorm deel van algehele opleidingsmodules wat AfriForum-buurtwaglede ook gereeld moet deurwerk om te verseker dat hulle altyd binne die raamwerk van die wet optree.

“Gemeenskappe word ongelukkig byna daagliks gekonfronteer met verskeie situasies wat hul veiligheid bedreig. Dit is juis daarom belangrik dat ons reg optree om onsself te beskerm maar steeds binne die wet optree,” sê Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Teks-tak.

Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-tak betrokke. Besoek www.wordlid.co.za

Soortgelyke plasings