|

AfriForum se Mooirivier-buurtwagte hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in die Mooirivier het op 8 April 2022 in samewerking met die SAPD, die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie omgewings uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 04:00 die volgende oggend voortgeduur.

Altesaam 256 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en 5 523 km in 181 voertuie afgelê. Die volgende buurtwagte het aan die patrollie deelgeneem: Bothaville, Parys, Sasolburg, Songloed, Hartbeesfontein se buurt- en plaaswagte, Potchefstroom, Stilfontein, Ventersdorp en Wolmaransstad.

Gedurende die massapatrollie is 12 voorvalle in die streek aangemeld waaronder motorongelukke, betreding, die besit van gevaarlike wapens, die besit van dwelms en poging tot inbraak. Verdagtes wat in hegtenis geneem is, is aan die polisie oorhandig.

“Die Mooirivier-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder. Hierdie staatmakerbuurtwagte neem nie net aan nasionale patrollies deel nie, maar hulle patrolleer elke dag om hul gemeenskappe veilig te hou,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings