|

Spinasie vir Afrika vir Bethal-sopkombuis

AfriForum se Bethal-tak het op 22 Mei meer as 100 kg spinasie aan die Bethal-sopkombuis geskenk wat uit hul gemeenskapstuin geoes is. Dié groentetuinprojek voorsien weekliks meer as 80 gesinne van vars groente.

“Hierdie groentetuin het ’n anker vir die gemeenskap geword. Verskeie plaaslike organisasies word hierdeur ondersteun,” sê Marilé Nieuwoudt, koördineerder van AfriForum se Bethal-groentetuinprojek.

Soortgelyke plasings