| |

Standerton-buurtwag help SAPD om onwettige immigrante vas te trek

AfriForum se Standerton-buurtwag het op 5 April en 13 April aan twee operasies deelgeneem saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Departement van Binnelandse Sake om onwettige immigrante in die omgewing vas te trek.

Tydens die operasie op 13 April is talle ondernemings wat deur onwettige immigrante bedryf word – en as sulks onwettige ondernemings is – deur die SAPD en Standerton-buurtwag gesluit. Verder is onwettige immigrante ook gearresteer en verskeie boetes is uitgereik vir mense wat op straat gedrink het en onder die invloed van alkohol was.

Op 5 April het Kasselman Sekuriteitsdienste ook hulp verleen met ’n soortgelyke operasie. Tydens hierdie operasie was daar ook talle arrestasies en daar is selfs ’n vuurwapen gevind.

“Onwettige immigrante is ’n groot veiligheidsrisiko vir ons gemeenskappe en hulle benadeel ook die dorp se ekonomie. Dit is nodig dat stappe gedoen word om strenger op te tree teen onwettige immigrante,” sê Leon Enslin, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak.

Raak betrokke by jou naaste tak en hul projekte by www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings