|

Nelspruit-tak reg om te woeker met nuwe grassnyer

AfriForum se Nelspruit-tak in Mbombela het op 27 Februarie hul nuwe grassnyer ontvang. Met die aankoop van hierdie grassnyer beoog die tak om hulself tot verdere gemeenskapsbetrokkenheid in dié stad te verbind.

Die Husqvarna Z242F-grassnyer is ’n toonaangewende masjien wat AfriForum se Nelspruit-tak in staat stel om parke en openbare areas op ’n uiters doeltreffende wyse te kan skoonmaak en onderhou.

“Hierdie inisiatief is deel van ons voortdurende toewyding om ons dorpsomgewing skoon en netjies te hou. Met hierdie nuwe aanwins beoog ons om meer doeltreffend en vinniger skoonmaakprojekte in die dorp te behartig,” sê Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

“Die Mbombela-munisipaliteit se swak dienslewering het veroorsaak dat ons parke en groen stroke verwaarloos word en dit bied ’n wegkruipplek aan leeglêers en misdadigers. Deur die parke skoon en netjies te hou, verander ons ons woonbuurte in veiliger omgewings,” sê Hugo De Beer, AfriForum se voorsitter van die Nelspruit-tak.

AfriForum se Nelspruit-tak nooi lede van die publiek uit om deel te word van die tak se projekte om sodoende ook ’n verskil in hul omgewing te maak.

Soortgelyke plasings