|

Standerton-tak rus nóg substasies met alarmstelsels toe

Kabeldiefstal en substasies wat gesaboteer word plaas Standerton se elektriese infrastruktuur onder geweldige druk. Die AfriForum-tak in Standerton het daarom op 18 Oktober nóg twee substasies met alarmstelsels toegerus om misdadigers en ander kwaaddoeners af te weer.

Hierdie projek is reeds in September vanjaar van stapel gestuur in samewerking met Kasselman Sekuriteit, wat die alarms moniteer, en Janson Sekuriteit, wat die installasies behartig. Die AfriForum-tak borg die alarmstelsels.

Beurtkrag bied ’n ideale geleentheid vir misdadigers om kabels te steel of die substasies te saboteer. Die doel van die alarmstelsels is om ekstra sekuriteit by hierdie substasies te hê om te verhoed dat dit verder geplunder, gesaboteer of gevandaliseer word.

“Hierdie inisiatief maak reeds ’n reuseverskil in Standerton. Kragonderbrekings is minder en die infrastruktuur word nie meer gevandaliseer nie,” sê Leon Enslin, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak.  

Soortgelyke plasings