|

Stellaland-buurtwagte hou nasionale massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in Stellaland, wat Bloemhof, Christiana, Delareyville, Biesiesvlei en Vryburg insluit, het op 14 Oktober in samewerking met die SAPD, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Dié aksie het omstreeks 16:00 begin en tot ongeveer 04:00 die volgende oggend voortgeduur.

Altesaam 83 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en 1 231 km in 46 voertuie is afgelê. Die hoofdoel van die patrollie was om sigbaarheid in die onderskeie gebiede te verhoog en sodoende misdaad teen te werk.

Die AfriForum-buurtwag in Bloemhof het die SAPD met ’n arrestasie bygestaan terwyl die AfriForum-buurtwag in Christiana die SAPD met ’n spesiale operasie hulp verleen het om verlate areas te deursoek.

“Die Stellaland-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder. Dit is belangrik dat gemeenskappe en organisasies handevat om misdaad te bekamp. Die verhoogde sigbaarheid in dorpe speel ’n belangrike rol in gemeenskapsveiligheid en daarom is dit belangrik dat patrollies soos hierdie moet plaasvind,” sê Jp Nel, distrikskoördineerder vir Stellaland.

Die Stellaland-buurtwagte wil graag elke patrolleerder en elke ander rolspeler wat deelgeneem het vir hul opofferings bedank.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings