Stop die swendelaars by die Akasia-lisensiekantore!

Geagte inwoners van Pretoria-Noord,

Dit is met erns en besorgdheid dat ons jul aandag wil vestig op ’n dringende kwessie wat die veiligheid van inwoners en motoriste by die Akasia-lisensiekantore en die kantoor van binnelandse sake in Akasia, geleë in Daan de Wet Nelrylaan, raak. Ons versoek dat jy hierdie petisie aan die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit ondersteun om sodoende die aandag te vestig op die gevaarlike swendelaars wat ’n werklike bedreiging vir ons gemeenskap inhou.

Ons doen ’n beroep op alle betrokke inwoners om hierdie petisie te ondersteun deur jul handtekening en mandaat te gee. Jou ondersteuning kan ’n aansienlike verskil maak in die bereiking van ons doel om veiligheid te verskerp by hierdie sentrum.

Laat ons as ’n gemeenskap saamstaan en vra vir ’n veiliger sentrum rondom dié kantore. Jou ondersteuning is van onskatbare waarde en kan ’n positiewe impak hê op die veiligheid van ons geliefde gemeenskap.

Laat asseblief jou handtekening en mandaat hieronder en help ons om die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit aan te spoor om aksie te neem.

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Soortgelyke plasings